BAIE BELANGRIK!!!
ALLE SKUTS MOET
ASSEBLIEF LEES.
VEILIGHEID en WENKE.
Luggewere is nie
speelgoed nie en is gevaarlik.
Algemeen
-
Lees jou geweer se instruksieboek
noukeurig.
-
Behalwe wanneer jy onder die
baanoffisier se jurisdiksie is moet gewere nie gespan wees nie.
-
Daar moet nie ammunisie in die loop
wees nie.
-
Moet nooit 'n geweer na iemand rig nie,
nie eers 'n speelgoedgeweer of pistool nie ....nooit!!!
-
Hanteer elke geweer asof dit gelaai is
-
Moet nooit jou geweer sonder toesig los
nie.
-
Luggewere mag vir jagdoeleindes nie
gebruik word nie, SANSSU skuts respekteer altyd die natuur en die Wet..
Veiligheidsknippe
-
Moet nie staatmaak op veiligheidsknippe
nie ...hulle is meganies en kan faal
Oorhandig gewere aan iemand anders
-
Moet nooit 'n geweer aan iemand
oorhandig indien u nie self nagaan of die geweer veilig is nie.
-
Moet nooit 'n geweer by iemand vat nie
as jy nie self seker maak dat hy nie gelaai is nie.
-
Moet nie 'n geweer aan iemand oorhandig
wat nie opgelei is om gewere te hanteer nie
Vervoer van Gewere
-
Gewere moet in sakke of kaste vervoer
of gedra word.
Geweer hantering
-
Moet nie 'n geweer hardhandig hanteer
nie .
-
Moet nie ‘n geweer neergooi op die
skiettafel as jy omgekrap is nie.
Skietlokale
-
Skietlokale moet goed geventileer wees.
Loodstof is gevaarlik... baie gevaarlik!!!!
Skietbaan
-
Moet nooit jou vinger op die sneller
plaas as jy nie van plan is om op daardie oomblik te skiet nie.
-
Toeskouers moet minstens 3 meter agter
jou wees wanneer jy skiet. Hulle moet ook veiligheidsbrille dra.
-
Maak seker dat jy na 'n veilige koeëlvanger
skiet.
-
Maak seker dat niemand voor die
skietpunt is wanneer geskiet word nie.
-
Alleenlik wanneer 'n baan
veilig verklaar word kan jy vorentoe gaan.
-
Wanneer 'n baan toe
verklaar is is die baan nie meer veilig nie en mag niemand vorentoe beweeg
nie totdat die baan deur die baanoffisier weer veilig
verklaar word.
-
Maak seker jy verstaan die baanoffisier
se bevele en vra as jy nie verstaan nie.
-
Gebruik altyd veiligheidsbrille wanneer
geskiet word.
-
Die aksie moet oop wees en 'n oopaksie
vlaggie of " weedeater" lyn moet in die kamer en loop geplaas word om vir
almal te wys dat jou geweer veilig is .Wanneer jy nie onder die
baanoffisier se jurisdiksie is nie!!!! Dit geld
vir veergewere ook.
Geweersnelheid
-
Vir skyfskiet doeleindes moet die
luggewere se trompsnelheid nie meer wees as 600 voet per sekond wees nie.
Onderhoud
-
Pas jou geweer op..
-
Na elke 500 rondtes trek 'n lappie deur
die loop met 'n deurtrekker. As 'n skoonmaakmiddel vir die binnekant van
die loop nodig is gebruik mediese alkohol wat in apteke
beskikbaar is ....die loop moet daarna met skoon lappies deurtrek word
totdat dit droog is en nie vlekke van lood wys nie.
-
Die tromp van die loop bevat 'n
kroontjie...waar die loop eindig...moet hierdie kroontjie nie seermaak nie
want dit sal jou geweer se akkuraatheid nadelig beinvloed. Wees versigtig
in die skoonmaakproses!!!!
-
Moet nooit jou hand oor die tromp van
die geweer plaas nie.
-
Moet nie 'n geweer skoonmaak as jy nie
seker is dat dit nie gelaai is nie.
-
Moet onder geen omstadighede
olie in 'n geweer se kamer of loop gebruik
sonder om seker te maak dat dit die korrekte olie is nie. Skoonmaakolie
soos wat gebruik word in senterslag of randslag gewere is
lewensgevaarlik want dit kan onder druk ontplof. Gebruik net dun
masjienolie en droog daarna goed af
-
Moet geen geweer uitmekaar haal nie of
aan die sneller peuter nie as jy nie presies weet wat jy doen nie.
-
As jou geweer roes neem dit na 'n
gekwalifiseerde geweersmid. Moet gewere nie in drakaste stoor nie...hulle
roes.
-
Nadat geskiet is moet jy jou geweer
veral die staal gedeelte afdroog met 'n skoon lappie of een wat minimale
masjienolie bevat om roes te voorkom.
-
Veergewere se vere hou nie vir altyd
nie en moet ook soos die ander gewere gereeld
nagegaan word.
-
Die druksilinders op gewere moet
minstens elke twee jaar nagegaan word vir defekte.
-
.. Onderhoud en reperasies aan
luggewere moet net deur opgeleide personeel gedoen word.
-
Maak altyd seker dat skroewe vas is
voordat geskiet word. Moet nie skroewe so vas draai dat jy iets beskadig
nie.
-
Veergewere se vere breek as die geweer
gevuur word sonder dat daar 'n koeëltjie
in die loop is nie.
Reparasies
-
Afrigters en skuts moet asseblief nie
modifikasies aanbring of gewigte aan gewere sit as hulle nie weet wat
hulle doen nie.
-
Moet nooit 'n geweer by iemand vat nie
as jy nie self seker maak dat hy nie gelaai is nie.
-
Moet nie 'n geweer aan iemand oorhandig
wat nie opgelei is om gewere te hanteer nie.
Lugsilinders(Duik)
-
.Duiksilinders moet net deur opgeleide
personeel hanteer word.
-
Duiksilinders moet nie op die skietpunt
of naby toeskouers geberg word nie.
-
Duiksilinders moet nie in warm son
gelstoor word nie.
-
Duiksilinders moet vasgemaak word as
hulle in voertuie vervoer word.
-
Duiksilinders moet volgens regulasies
gereeld nagegaan word..
-
Die gebruik van hoëdruk
kompressors deur ongelisensieërde
operateurs is onwettig.
-
Duiksilinders moet nie 200 'bar'
oorskry nie. Geen 300 'bar' duiksilinders mag deur SANSSU gebruik word nie
.
Volmaak van gewere
-
Die gewere wat SANSSU in die
Sporterklas gebruik het nie 'regulators' nie en moet nie hoër
as 170 'bar' gepomp word nie en moet nie gebruik word as
die druk onder 100 'bar' daal nie.
-
Maak seker duiksilinderkoppelings is
vas en in goeie toestand.
-
Daar moet ‘n staal omhulsel om die klep
en kraan gedeelte van die duiksilinder wees in geval van ‘n ongeluk.
-
Maak voorsiening vir 'n pyp wat kan bars
of loskom...maak seker dat jou hande en lyf uit die pad uit is sou so iets
gebeur.
Koeëlvanger
-
Maak seker dat jy na 'n veilige koeëlvanger
skiet.
-
Die dikte van 'n staal koeëlvanger
moet nie minder as 3mm wees nie.
-
Die agterste plaat wat die koeël vang
moet nie minder wees as 73 Ø gemeet as 'n hoek van die horisontaal. Amper
reghoekig teenoor die patron trajek!!! Die energie van die koeëltjie
word dan geabsorbeer. 'n Skuinsplaat absorbeer nie energie nie en dan kan
die koeëltjie gevaarlik
terugspring. As koeëls
terugspring moet daar onmiddelik ondersoek ingestel word
Wegdoen van “pellets”
-
Lood
moet versigtig hanteer word en hande moet na elke skietoefening behoorlik
met seep gewas word.
-
Lood moet gereeld uit die skietkaste
verwyder word en op die voorgeskrewe manier ontslae van geraak. Gewoonlik
verkoop skole dit aan skrothandelaars.
Aankoop van gewere
-
Dit is jou verantwoordelikheid om toe
te sien dat jou geweer wettig is volgens SANSSU se regulasies.
-
Maak seker voordat jy 'n geweer koop
vir gebruik in SANSSU aktiwiteite dat die geweer deur SANSSU goedgekeur
is.
Luggewere is nie
speelgoed nie en is gevaarlik!!!!
INDIEN U INLIGTING WIL BYVOEG, STUUR U BROKKIE
INLIGTING AAN MNR. MIKE POTGIETER BY:
mmpotgieter@mweb.co.za
ONTHOU OM DIE E-POS SE ONDERWERP SANSSU Veiligheid TE MAAK!!!