Inligting

Laaste opgedateer: 13 Oktober 2010

Home
Inligting
Datums
Downloads
Foto's
Uitslae
SANSSU Veiligheid
Mpumalanga Rekords

MPUMALANGA SKOLESKUTTERSUNIE

GRONDWET

 

1.      NAAM

Die vereniging sal as MPUMALANGA SKOLESKIETUNIE bekend staan en word hierna die UNIE genoem.

 

2.       REGSAANSPREEKLIKHEID

Mpumalanga SSU het op 28 Januarie 1993 te Carolina tot stand gekom en is op geen wyse verbind aan enige ander vereniging, organisasie of liggaam nie ofskoon dit dieselfde naam mag dra.  Die UNIE kan dus nie verantwoordelik gehou word vir enige verpligtinge of skulde en word ook nie gebind deur vorige grondwette nie.

 

3.       WOORDOMSKRYWING

          Behalwe as dit teenstrydig is met die konteks waarin dit gebruik word, sal

alle woorde wat die manlik aandui ook die vroulik insluit en alle woorde wat die enkelvoud aandui ook die meervoud insluit en omgekeerd.  In hierdie  grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, het die ondergenoemde woorde die volgende betekenis:

3.1.     Ouditeur       :        Enige bevoegde persoon of instansie wat deur

die UNIE aangestel is om die UNIE se boeke te ouditeer.

3.2.     Lid               :        'n Gekonstitueerde liggaam, synde skool of verenigings.

3.3.     Unie:        'n Groep persone wat die lede verteenwoordig grondwet aangestel is.

3.4.     Uitvoerende komitee:        Die Uitvoerende komitee van die UNIE wat deur die UNIE in terme van hierdie grondwet                                                               verkies is. 

            3.5.     Regulasies    :        Regulasies wat in terme van hierdie Grondwet opgestel is.

         

4.       DOEL

          Die doel van die UNIE is om skole skiet in samewerking met  SANSSU in

          ooreenstemming met die reëls en regulasies te bedryf.

 

5.      DOELSTELLINGS

         Die UNIE se doelstellings is soos volg:

5.1.    Om Luggeweerskiet by skole in Mpumalanga te bevorder en aan te moedig.

5.2.    Om Luggeweerskiet in terme van MSSU se reëls en regulasies op provinsiale vlak in Mpumalanga te reël en te beheer.

5.3.    Om kompetisies op provinsiale vlak te reël, te organiseer, aan te bied en te behartig.

5.4.    Om spanne te organiseer om aan nasionale provinsiale en Internasionale kompetisies deel te neem.

5.5.    Om in Mpumalanga in 'n adviserende hoedanigheid t.o.v. sake rakende skoleskietsport op te tree.

5.6.    Om konferensies en byeenkomste te reël, of aan te moedig ten einde die stigting of ontwikkeling van skoleskietklubs in Mpumalanga te bevorder.

5.7.    Om die nodige fondse ter finansiering van die UNIE se bedrywighede of die bevordering van sy doelstellings, in te samel en te verkry deur affiliasiefooie in te vorder en om skenkings, bydraes of bemakings te ontvang.

5.8.    Om klere en kleure vir UNIE se provinsiale spanne te ontwerp en herhaldies te registreer.

5.9.    Om die veilige hantering en gebruik van gewere in ooreenstemming met die landswette by skoliere te kweek.

5.10.   Om te verseker dat geaffilieerde verenigings hul wapens doelmatig aanwend.    

 

6.      HOOFKWARTIER

Die hoofkwartier van die UNIE is geleë in die dorp of stad waar die voorsitter woonagtig is en vergaderings sal gehou word van tyd tot tyd soos deur die Raad bepaal word.

 

7.      ONTBINDING

Indien daar by die beëindiging of ontbinding van die UNIE enige eiendom of bates na vereffening van skulde en laste oorbly, kan sodanige bates aan een of ander instituut of vereniging, wat dieselfde of soortgelyke oogmerke as die UNIE het, geskenk of oorgedra word.

 

8.       SAMESTELLING VAN DIE UNIE

Alle skole, klubs en verenigings in Mpumalanga, wat by

Mpumalanga SSU geaffilieer is.

 

9.       BESTUUR EN BEHEER

          Die bestuur en beheer van die UNIE sal by die UNIE berus.

 

10.      UITVOERENDE KOMITEE

10.1    Die uitvoerende komitee word verkies vanuit die Raad en bestaan uit die volgende lede:

          10.1.1           Voorsitter                          10.1.4     Tesourier

10.1.2           Ondervoorsitter                  10.1.3     Sekretaris                   

10.1.5           Streekverteenwoordigers     10.1.6     Tengiese Beampte

          10.2    Die uitvoerende komitee kan, indien nodig, ander lede uit die

streke koöpteer.                

10.3    Poste 10.1.1 tot 10.1.4 is nie streeks gebonde nie.

 

11.      MAGTE VAN DIE UNIE

11.1    Die UNIE beskik oor eiendomsreg, kontrole en die administratiewe

bevoegdhede oor al die bates van die UNIE en beskik oor volle bevoegdhede om beslissings te neem t.o.v. enige aangeleentheid wat die welstand van die UNIE kan raak, asook ten opsigte van enige aangeleentheid wat onder Klousule 5 "Doelstellings" gedefinieer is. Al hierdie besluite is bindend op alle lede.

11.2    Die UNIE kan subkomitees benoem om in verband met enige

aangeleentheid op te tree, en kan ook aan sodanige subkomitees volle magte van besluitneming en uitvoering ten opsigte van sodanige aangeleenthede delegeer of die saak na die uitvoerende komitee verwys.

 

12.      MAGTE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE

          12.1    Om toesig te hou oor die dag tot dag administrasie van die UNIE,

die nodige leiding te gee en om sodanige tussentydse besluite te neem en reëlings te tref as wat nie strydig is met die opdragte van die Unie nie.

          12.2    Om aanbevelings ten opsigte van beleid aan die Unie te maak.

          12.3    Die uitvoering van gedelegeerde bevoegdhede soos deur die Unie,

gedelegeer.     Sodanige delegasie  moet in die notule van die raadsvergadering opgeneem word.

12.4    Hou toesig in ooreenstemming met die huishoudelike reglement, oor alle finansiële aangeleenthede van die UNIE.

12.5    Is verantwoordelik vir die opstel en opdatering van die huishoudelike reglement en voorlegging daarvan aan die UNIE.

 

13.      PLIGTE VAN DIE VOORSITTER

          Die voorsitter sit voor by alle raadsvergaderings.  Die UNIE sal in

afwesigheid van die Voorsitter die ondervoorsitter of 'n lid van die UNIE

aanstel om as Voorsitter op te tree.

 

14.      AMPSTERMYN

          Lede van die Uitvoerende Komitee dien vir twee (2) jaar en is weer vir 'n

volgende termyn herkiesbaar.

 

15.      'N KWORUM TYDENS 'N VERGADERING IS SOOS VOLG:

          15.1    Unievergaderings   :        50% van die lede plus een (1) lid

          15.2    Uitvoerende komitee vergaderings  :    50% van die lede plus een (1) lid

 

16.      STEMMING KAN SOOS VOLG PLAASVIND

          16.1    Slegs twee stemme per skool en klub.  By 'n  staking van stemme

moet die Voorsitter 'n beslissende stem uitbring.

          16.2    Stemming vind plaas deur die vertoon van 'n hand tensy die UNIE

anders besluit.

          16.3    Die Uitvoerende komitee kan enige aangeleentheid waaroor

maklike beslissings geneem kan word, per E-pos aan UNIELEDE

stuur en die aangeleentheid dan per posstem afhandel.

 

17.      DISSIPLINêRE MAATREëLS

17.1    Die UNIE is by magte om enige skut of skool/klub vereniging verbonde aan dieUNIE te skors of uit te sit indien, volgens die mening van die UNIE, die voortgesette lidmaatskap van sodanige skool/klub of lid nie in belang van die UNIE geag word nie.

17.2    Geen skut of skool/klub vereniging wat deur die UNIE geskors of uitgesluit is, is daarop geregtig om terugbetaling van ledegeld wat aan die UNIE betaal is, te eis nie.

 

18.      BESKERMHERE EN ERELEDE

          Die UNIE kan jaarliks beskermhere aanwys en ere lidmaatskap na

goeddunke toeken.

 

19.      REKENINGE

Die UNIE sal 'n bevoegde persoon of instansie aanstel, wat die UNIE se boeke 2 jaarliks sal oudit.  Die balansstaat en die rekening t.o.v. inkomste en uitgawe moet na ontvangs by die eerste UNIE vergadering voorgelê word.

 

20.      BOEKJAAR

          Die UNIE se boekjaar strek van die eerste dag in Januarie tot die laaste

dag in Desember van dieselfde jaar.

 

21.      LIDMAATSKAP

Lidmaatskap by die MSSU is oop vir alle huidige geaffilieerde leerders van skole.

 

22.      LIDMAATSKAPGELDE

          By die UNIE se aanvaarding van 'n aansoek om lidmaatskap of affiliasie is

          die toepaslike gelde vir een jaar vooruitbetaalbaar. Die bedrag betaalbaar

sal op die jaarvergadering van die UNIE bepaal word en sal in die betrokke

notule opgeneem word.  Lidmaatskapgelde vir 'n gedeelte van 'n jaar is

gelykstaande aan lidmaatskapgelde vir een volle jaar.

 

23.      TYDSDUUR VAN LIDMAATSKAP

          Die tydsduur wat deur ledegeld gedek word is vir een kalenderjaar wat

strek vanaf die eerste dag in Januarie tot die laaste dag in Desember van die betrokke jaar.

 

24.      DEELNAME AAN KOMPETISIE

Slegs skoolgaande leerders mag aan die UNIE en sy geaffilieerde skoleskietklub se kompetisies deelneem.  Die UNIE mag egter ander unies nooi om aan kompetisie wat deur die UNIE aangebied word deel te neem.

 

25.      JAARVERGADERING

Vergaderings moet jaarliks gehou word op 'n tyd en plek soos deur die

Uitvoerende komitee bepaal.  Kennis van so 'n vergadering moet ten minste een kalendermaand vooraf gegee word.

 

26.      BUITENGEWONE VERGADERINGS

          26.1    Buitengewone UNIE vergaderings word soos volg belê:

                   26.1.1.          Binne twee weke na die ontvangs van 'n geskrewe

versoek wat deur minstens 50% van die geaffilieerde klub/skole en skietverenigings onderteken is, moet die voorsitter 'n buitengewone UNIE vergadering byeen roep op 'n tyd en plek wat deur die uitvoerende komitee bepaal word.

          26.1.2.          Kennis van so 'n vergadering moet veertien (14) dae

voor die vergadering aan alle geaffilieerde klub/skole en skietverenigings gegee word.

26.2    Slegs die aspekte wat in die versoekskrif/kennisgewing vervat is

word tydens die vergadering bespreek.

26.3          Affiliasie by UNIE.  Affiliasie gelde sal jaarliks vasgestel word tydens jaarvergadering.

 

27.      KOMPETISIE OEFENING

          27.1    Soos voorgeskryf deur SANSSU of self bepaal deur UNIE

          27.2    Die UNIE moet voldoende waarborg vir die veilige bewaring en

terugbesorging van alle trofeë verkry, wat op versoek van die UNIE aan die UNIE terugbesorg moet word.  Die UNIE kan as dit nodig geag word, die trofeë en eiendom of 'n gedeelte van die trofeë en eiendom van die UNIE laat verseker.  Die UNIE moet 'n trofeë register met foto's byhou.  Toekenning van trofeë's sal deur die UNIE bepaal word.

 

28.      REëLS EN REGULASIES

          Die UNIE volg die reëls en regulasies soos voorgestel deur SANSSU en is

gebonde daarby.

 

29.      TOEKENNING VAN KLEURE

          Kleure sal toegeken word soos deur die Unie bepaal.

 

30.      SAMESTELLING VAN DIE PROVINSIALE SPANNE

Die uitvoerende komitee sal as keurkomitee  die provinsiale  span saam te stel.  Die span sal gekies word op grond van die tellings wat tydens die prysskiet, streekkompetisie, proewe  en Mpumalanga finaal behaal is.

 

31.      WYSIGING VAN DIE GRONDWET

          Die grondwet van die UNIE kan soos volg gewysig word:

          31.1    Slegs by wyse van 'n spesiale besluit op 'n jaarvergadering van die

UNIE kan veranderings, byvoegsels of amendemente aangebring word.

31.2    Alle voorgestelde veranderings, byvoegsels of amendemente moet

op skrif een kalendermaand voor die vergadering aan alle lede van die UNIE gepos wees.

          31.3    'n Tweederde meerderheid van vergadering moet ten gunste van

die verandering, byvoegsel of amendement stem, ten einde die besluit te bekragtig.

 

32.      VERTOLKING VAN DIE GRONDWET EN REëLS

32.1    Die Grondwet en die Reëls sal in beide Afrikaans en Engels bygehou

word.  In die geval van 'n verskil t.o.v. die vertolking van die Grondwet en die Reëls, sal die Afrikaanse weergawe beslissend wees.

          32.2    In die geval van 'n geskil ten opsigte van die vertolking van die

Grondwet of enige aangeleentheid wat nie in die Grondwet gedek word nie, sal die geskil na die UNIE verwys word, wie se beslissing bindend op alle partye sal wees.

 

 

 

MPUMALANGA SKOLE SKUTTERSUNIE

HUISHOUDELIKE REëLS

 

HIERDIE SKRYWE VERVANG ALLE VORIGE SKRYWES.  HIERDIE SKRYWE IS VAN TOEPASSING VANAF 1 JANUARIE 2006

 

INHOUDSOPGAWE

1.       DOEL VAN SKRYWE

2.       BESTUURSVERKIESING

3.       BESTUUR TAAKVERDELING

4.       ADMINISTRASIE

5.       KOMPETISIES

6.       STREEKSKIET KOMPETISIE

7.       MPUMALANGA FINALE KOMPETISIE

8.       SA KAMPIOENSKAPPE

9.       PROVINSIALE KLEURE

 

1.         DOEL VAN DIE SKRYWE

Die doel van die skrywe is om die beplanning, organisering en beheer van skoleskiet in Mpumalanga duidelik uiteen te sit.  Die skrywe is onderhewig aan die Mpumalanga S.S.U. grondwet en die SANSSU GRONDWET en skietreëls.  Hierdie skrywe moet dien as konstante riglyn van prosedures en optredes.

 

2.         BESTUURSVERKIESING

1.       Die bestuur bestaan uit :     Voorsitter

                                                Ondervoorsitter

                                                Sekretaris

                                                Tesourier

                                                Streekverteenwoordigers

                                               

2.       Die bestuur word afwisselend tweejaarliks op die algemene jaarvergadering gekies uit alle skiet afrigters teenwoordig.

3.       Bestuur word verkies uit onderwyspersoneel en kundige persone buite onderwys wat betrokke is by skiet.

 

3.         BESTUURSTAAKVERDELING

VOORSITTER

1.       Bestuur van skiet in die provinsie met die doel om skiet in Mpumalanga uit te brei en skiet standaard te verhoog.

2.       Koördinering en reël van alle aktiwiteite wat plaasvind.

3.       Toesien dat finansies korrek hanteer en aangewend word.

4.       Toesien dat finansiële state 2 jaarliks deur 'n boekhouer nagegaan word.

5.       Koördinering van tellings na kompetisies en bepaling van spanne en skuts na volgende kompetisies.

6.       Beplan en reël van toer SA - kampioenskappe.

7.       Tree op as spanbestuurder na SA - kampioenskappe.

8.       Bywoon van SANSSU vergaderings en bosberaad.

9.       Byhou van register van geaffilieerde skuts by skole in provinsie.

10.     Verantwoordelik vir alle persskakeling.

 

ONDERVOORSITTER

1.       Moet instaan vir die voorsitter in sy afwesigheid tydens vergaderings of kompetisies.

2.       Provinsiale klerasie ontwerp, bestel en voorsien aan lede.

3.       Byhou van register van wie ontvang kleure.

4.       Byhou van register van afrigters in provinsie wat skiet afrig en die jare diens.

5.                  Verantwoordelik vir opleiding

6.                  Reel van medaljes, troffees vir streek en Mpumalanga finale kompetisie.

 

SEKRETARIS

1.       Verantwoordelik vir alle administrasie soos ontvang vir die provinsie.

2.       Inlig van skole betrokke aangaande

 reëlings, inligting en uitslae.

3.       Skakeling en deurgee van inligting van en na SANSSU.

4.       Reëlings (van voorsitter ontvang vir aktiwiteite) deurgee aan skuts of afrigters van skole.

5.       Byhou van jaarlikse skiet uitslae.

 

TESOURIER

1.       Behoorlike byhou van stelsel vir die beheer van die Unie se gelde.

2.       Die boeke moet 2 jaarliks voor einde Oktober geoudit word sodat die opsomming aan skole voorgelê kan word.

3.       Hantering van skole affiliasie en die oorbetaal aan SANNSU.

4.       Finansiële hantering van skiet kompetisies en deurgee van kostes aan sekretaris.

 

STREEKVERTEENWOORDIGERS

1.       Reël van kompetisies en proewe in sy streek. Bepaling van plek en alle reëlings daarmee saam.

2.       Deurgee van inligting of kry van inligting aan en van skole soos verlang of deurgegee deur voorsitter of sekretaris.

3.       Deurgee van uitslae van streekkompetisie aan sekretaris die Maandag na die kompetisie.

 

ADMINISTRASIE

1.       Alle skole/skuts wat aan kompetisies wil deelneem moet by MSSU GEAFFILIEER wees.

2.       Affiliasie gelde vir 'n jaar word die vorige jaar tydens jaarvergadering bepaal aan die hand van SANSSU  se affiliasie gelde.

3.       Dit is elke skool se eie verantwoordelikheid om te bepaal hoe die sostes per skuts verhaal word om oor te betaal aan MSSU.

4.       Skole moet die volgende byhou:     

1.       Notules en administrasie soos ontvang

2.                  Naamlys van skuts

3.                  Gedragskode

4.                  Vrywaringsvorm

ELKE PERSOON MOET ONTVANGS VAN FAKSE EN ADMIN ERKEN AAN SENDER.

5.       Alle bewyse van inbetalings met ‘n naamlys moet  aan beide die voorsitter en tesourier gefaks word.

  

KOMPETISIES

1.       Skuts moet sover moontlik onder dieselfde omstandighede kompeteer.

2.       Medaljes vir finale kompetisies toegeken.

3        Skole mag B spanne inskryf vir die streekkompetisies.  Die spanne kan deurdring na die finaal.

4.       Junior skuts mag in senior spanne skiet. Individueel kom die skut se telling in aanmerking as Junior.

5.       Die kompetisies vind plaas soos bepaal op vorige jaarvergadering.

6.       Tydens enige kompetisie moet 'n baanverslag voltooi word vir navrae.

 

STREEKKOMPETISIES

1.       Vind plaas  soos tydens jaarvergadering bepaal.

2.       Streeksorganiseerder is in beheer van die dag.

 

MPUMALANGA FINAAL

1.       Vind plaas op dag en datum soos tydens jaarvergadering bepaal.

2.       Roteer jaarliks tussen die drie streke.

3.       Wenners uit elke streek en 2 beste naaswenner spanne + die top 16 skuts in ‘n  afdeling dring deur na die finaal.

4.       Die voorsitter is in beheer van die dag, in samewerking met die skool/afrigter wat die dag aanbied.

5.       Tydens die prysuitdeling moet die skuts wat deurdring na die SA’s  aangekondig word.

6.       Nominasies vir afrigters van SANSSU spanne : persoon kan slegs van 2de jaar by SA's genomineer word.

          Indien die persoon as afrigter gekies is, maar hy/sy nie die daaropvolgende jaar genomineer word nie.

7.       Skuts skiet twee kompetisies.

8.       Die volgende tellings word in aanmerking geneem vir die kies van die span: Finale proewe : 1200 + nog 4 : 1200 tellings uit prysskiet en streek kompetisie

9.       Dit is die sekretaris se verantwoordelikheid om alle inligting vanaf die skool wat die dag aanbied en deur te stuur na elke skool betrokke.

10.     Na afloop van die kompetisie word die skuts en reserwes na die SA's aangekondig.

11.     Alle reëlings moet daar met die skuts getref word deur die voorsitter.

12.     Alle klere bestellings vorms moet daar uitgehandig word.  Moet binne 7dae  aan die ondervoorsitter terug gefaks word.

 

SA KAMPIOENSKAPPE

1.       Die voorsitter moet alle reëlings koördineer.

2.       Die spanbestuurder moet die volgende saamneem:

                   1.       Tellyste vir afrigters

                   2.       Persoonlike besonderhede vorm van skuts.

3.       Alle skuts bly deel van die groep en uitslaap word nie toegelaat nie.

4.       Personeel verantwoordelik vir skuts tot skuts vertrek.

5.       Vervoerreëlings moet deur spanbestuurders gereël word.

6.       Sover moontlik moet die skuts die dag voor die tyd gewere inskiet.

7.       Alle skuts is onderhewig aan skooldissipline en gedragskode soos toegepas deur afrigters teenwoordig.

8.       Skuts wat hul skuldig maak aan wanpraktyke se kleure sal weggeneem word en sal nooit weer vir die provinsie verkiesbaar wees nie.

9.       Personeel na die SA's:1.      Spanbestuurder

                                       2.      Vier afrigters

                                       3.      Merker en baanoffisier

                                       4.      Tesourier

10.     Kleredrag na SA's:     1.       Manspersoneel - grys langbroek, wit hemp,

Mpumalanga baadjie en das.

2.       Damespersoneel - Mpumalanga baadjie, wit bloes met serp, navy blou langromp/broek swart skoene.

                                               3.       Seuns - Grys broek, swart skoene en wit

hemp, Mpumalanga baadjie en das

4.       Dogters - Mpumalanga baadjie, wit bloes met serp, navy blou langromp/broek en swart skoene      

 

Provinsiale Kleure

1.                  Sweetpak

2.                  Das

3.                  Sakwapen

4.                  Golfhemp 

 

 

GEDRAGSKODE VAN SKUTS, IN SPANNE, OP TOERE EN/OF SKIETKOMPETISIES

 

DIE DOEL VAN DIE GEDRAGSKODE IS NIE OM DIE PRET EN PLESIER VAN ENIGE SKUT OP TOER IN DIE WIELE TE RY NIE!!

DIE GEDRAGSKODE HET TEN DOEL OM DIE PRAGTIGE BEELD VAN DIE SKUTS IN SUIDER AFRIKA WAT HULLE PROVINSIE VERTEENWOORDIG TE ALLE TYE TE LAAT UITDRA SODAT HULLE SLEGS DIE SPORE VAN OPREGTE JONG SUID-AFRIKANERS KAN AGTERLAAT.  ALLE SKUTS WAT TOT DIE MPUMALANG SKOLE SKIETSPAN VERKIES WORD EN HULLE PROVINSIE WIL VERTEENWOORDIG MOET DIE ONDERSTAANDE GEDRAGSKODE EERBIEDIG.

 

1.       Alle skietspanlede is te alle tye onder die direkte beheer en toesig van die toerbestuur wat hulle ookal mag vergesel op enige toer/skietkompetisie/uitstappie.

2.       Die toerbestuur tree "in loco parentis" op en het die reg, om indien nodig, enige skut aan te spreek.  Die toerbestuur verbind hom dan ook om te alle tye regverdig op te tree.

3.       'n Skut mag nie, terwyl hy/sy die amptelike Mpumalanga Skole Skietspan verteenwoordig, op enige stadium alkohol of narkotiese middels in sy/haar besit hê of gebruik nie.  Dit sluit die volledige tydperk in wat sodanige skut onder toesig van die beamptes/bestuur van die toer of skietkompetisie is.

4.       Die skuts moet te alle tye beleefd wees teenoor alle persone wat hulle mag teëkom tydens 'n toer en geen baldadigheid voor ander mense sal geduld word nie.   Hy/sy moet hulle ten alle tye gedra as ambassadeurs van die land.

5.       Geen skut sal toegelaat word om te gaan toer mits sy ouers/wettige voogde nie die nodige vrywaringsvorms én gedragskode onderteken het nie.

6.       Enige eiendom/persele wat beskadig sou word deur 'n skut op toer, sal vir die skut se rekening wees en sodanige skut sal ook so spoedig moontlik huistoe gestuur word op sy eie kostes.

7.       Alle skuts in die Mpumalanga Skolespan vorm deel van die span en moet dan ook dienooreenkomstig teenoor die mede spanlede optree.

8.       Geen skut mag die toergroep verlaat vir enige aktiwiteit sonder die direkte toestemming van die toerbestuur nie.

9.       Geen skut mag enige wapen of  ammunisie in sy/haar besit hê sonder die toestemming van die bestuur, of skietbaanbeamptes nie.

10.     Alle skuts moet te alle tye stiptelik wees.

11.     Geen laatnag kapperjolle, sonder toestemming van die toerbestuur, sal geduld word nie.

12.     Alle gelde is betaalbaar voor of op die keerdatum wat deur die bestuur vasgestel word.  Sodanige datums sal vroegtydig aan die skuts deurgegee word.  Indien 'n skut se gelde laat inbetaal word sal so 'n skut sy plek in die toerspan verloor.

13.     Alle kostes op toer, etes ingesluit, is vir die skut se rekening, tensy die toerbestuur anders gereël het.

14.     Alle permitte en paspoorte, wat nie deur die bestuur namens die skut verkry word nie, het ook bepaalde keerdatums.  Dieselfde  as bogenoemde sal van toepassing wees op die betrokke skut.  Sien punt nommer 12.

15.     Sommige van die klere is verpligtend en die skuts sal hieroor vroegtydig ingelig word.

16.     Geen uitspattige kleredrag is toelaatbaar nie.

17.     Geen seunskut mag enige juwele saam met die amptelike Mpumalanga Skole skietspan drag dra nie.  Amptelike drag sluit enige kledingstukke in wat hom kan identifiseer as 'n lid van die Mpumalanga Skole skietspan.  Slegs horlosies of allergie/medisinale kettinkies/armbande mag gedra word. 

18.     Elke skut is verantwoordelik om toe te sien dat sy/haar wapen in 'n goeie en diensbare toestand is voor alle kompetisies.  Elke skut is verantwoordelik vir die instandhouding van sy/haar eie wapen, toerusting en ekstra onderdele.

19.     Elke skut moet toesien dat sy/hy binne die bepaalde grootte en gewig pak soos deur die toerbestuur gereël.

20.     Boetes/gelde betaalbaar op Lughawens (doane, oorgewig, belastings, ens) of op enige ander plek moet deur die skut self betaal word.  Alle skuts sal voor die tyd presies weet hoeveel elkeen moet betaal mits hy/sy binne die bepaalde gewig/perke/wette bly.

21.     Enige skut wat ter eniger tyd hom of haar skuldig maak aan wangedrag of oortreding van die gedragskode, sal onmiddelik geskors en op die skut se eie kostes terug gestuur word huis toe.  So 'n skut se Mpumalanga Skolekleure ( Das/serp ,sakwapen, golfhemp en sweetpak) sal van hom/haar weggeneem word sonder verdere onderhandelinge. Die kostes verbonde aan die kleure is die skut se verlies.  So 'n skut sal nie weer oorweeg word vir enige Mpumalanga Skole Skietspan nie. Die beslissing van die bestuur is finaal.

22.     Die gedragskode is bindend en finaal vir alle skuts wat hulleself beskikbaar gestel het vir 'n Mpumalanga Skole Skiet Skietpan.

 

Ek, __________________________________(volle name en van) wettige

Ouer/voog van ________________________________(volle name en van)

Neem kennis van bogenoemde gedragskode.  Ek is vertroud met die inhoud

daarvan en besef dat sodra dit onderteken is, dit bindende op my sowel as my

kind is.

 

GETEKEN TE _________________OP HIERDIE ____DAG VAN _______20__

 

________________________                  _______________________

HANDTEKENING(OUER/VOOG)                  HANDTEKENING (SKUT)

 

WEBBLAD MET TROTS GEBORG DEUR:

Vir enige probleme rakende hierdie webblad stuur gerus 'n e-pos aan sche@pumasrugby.co.za

Copyright © 2002 Funky DesigningTM. All rights reserved. 

Webblad met trots ontwerp deur:

  Funky DesigningTM 

Fransché Naudé

E-pos: sche@pumasrugby.co.za  

Faks 086 750 7211

Sel 082 552 5482